Gaan na produkinligting
My 90-dae Oorgang-joernaal
R 149.00
Wat gebeur op dag 22?
Die 21-dagplan kry jou aan die gang. Maar die oorgang hou nie ná drie weke op nie. En goeie gewoontes hou net as jy hulle aanhou doen.
My 90-dae Oorgang-joernaal vat aan waar die plan ophou. Vyf minute per dag, drie maande lank:
- Merk jou bui, slaap, water en beweging
- Beantwoord die dag se vraag, en skryf drie dinge neer waarvoor jy dankbaar is
- Elke maand 'n eie fokus: Fondasie, Krag en Balans, met 'n gewoonte-tabel
- 'n Vorderingspeiling op dag 1, 45 en 90. Op dag 90 sien jy swart op wit hoe ver jy gekom het
Mis jy 'n dag? Geen skuldgevoel nie. Blaai net na vandag en gaan voort.
61 bladsye, in Afrikaans · Druk uit of gebruik op jou foon · 60-dae geld-terug-waarborg.