Die 30-dag Rookvry-uitdaging op 'n iPad

Opgradering: die res van die Rookvry-pakket

R 199.00
Gaan na produkinligting
Die 30-dag Rookvry-uitdaging op 'n iPad

Opgradering: die res van die Rookvry-pakket

R 199.00

Die gids is jou plan. Hier is die gereedskap om dit vol te hou.

Die moeilikste deel van ophou is nie die besluit nie. Dis dag drie, wanneer die drang kom en jy alleen in die kar sit. Of dag twaalf, wanneer die opwinding weg is en niemand meer vra hoe dit gaan nie. Die eerste 30 dae is waar die meeste mense terugval.

Daarom bestaan die volledige pakket. En omdat jy reeds die Rookvry-gids het, kry jy die res daarvan vir R199 in plaas van R230:

  • Die 30-dag Rookvry-uitdaging (35 bladsye): een klein taak en een boodskap vir elke dag van jou eerste maand, 'n vorderingskaart vir die yskas en 'n sertifikaat. Die 30 boodskappe kry jy ook as teks vir jou foon.
  • Drang-dagboek & 20 SOS-kaarte (18 bladsye): 4 weke om jou drange aan te teken en jou patroon te sien, plus 20 kaarte met een sin om te sê en een ding om nou te doen.
  • Rookgeld-spaarboek (9 bladsye): 'n sakrekenaar, 'n 90-dae spaarkalender en jou drie doelwitte, sodat jy jou rookgeld kan sien groei.
  • 100 Gesonde Peuselhappies (10 bladsye): vir die kar, die werk en die laataand, met 'n inkopielys en 'n weekplan.
  • Die 24-uur Terugvalplan (9 bladsye): uur vir uur wat om te doen na 'n glips, jou waarskuwingstekens en 'n brief aan jouself vir die moeilikste oomblik.

R199 is omtrent vier dae se sigarette vir iemand wat 'n pakkie 'n dag rook. As die pakket jou net een glips bespaar, het dit homself betaal.

Onmiddellike aflaai. Dieselfde 60-dae geld-terug-waarborg: stuur een e-pos en jy kry elke sent terug.

Net vir kopers van die Rookvry-gids.

Jy sal dalk ook hiervan hou